rratn20141117113416
Ons ken haar as die vrolike Bravo!-aanbieder op kykNET, maar Tracey Lange is meer as net ‘n mooi gesiggie met ‘n sprankelende persoonlikheid. Ons het met haar gesels oor die Movember-inisiatief, Relate Bracelets, waarvan sy deel is …

Vertel ons meer van Relate Bracelets. Hoe het die inisiatief ontstaan?
Die doel was om ’n volhoubare oplossing te vind wat mense in nood kan help met ’n geleentheid om hul omstandighede te verbeter en om van ons land se probleme aan te spreek. Dit skep werksgeleenthede en hierdie individue verdien nie net geld vir ’n rukkie nie, maar hulle kan ook werk na onafhanklikheid. Relate gaan nie oor wins nie, elke sent word teruggeploeg in diegene wat die bandjies maak en dan ook aan die verskillende liefdadigheidsorganisasies.

Waarvoor staan Relate?
“Relate” is ‘n woord met betekenisse wat direk verband hou met dit waarvoor die armbandjies staan. Betekenisse soos “verband hou” en “aansluiting vind” en “verhoudings” en “verwantskap”. Relate bind mense saam en die armbandtjies is ‘n tasbare ding – iets wat wys dat mense weet hoe om hul liefdadigheidsgeldjies te spandeer op ‘n verantwoordelike manier en dat elke sent gebruik word om goeie dinge te probeer doen.

Word die armbandjies vir ander vorme van liefdadigheid as Movember gebruik?
Baie organisasies wat geld insamel vir liefdadigheid maak gebruik van Relate Bracelets om die armbandjies te maak, en dit word dan uit verskillende winkels verkoop, maar is ook beskikbaar op Relate se webwerf. Tussen April 2010, toe Relate begin het, en September 2014, kon Reltae R21.5 miljoen belê en skenk. Hulle het 60 liefdadigheidsorganisasies ondersteun en meer as 1.4 miljoen armbandjies verkoop oor die hele wêreld. Dagliks word 300 mense die geleentheid gegee om ‘n inkomste te verdien met die maak van die armbandjies.

Wat is jou grootste droom vir liefdadigheid?
Liefdadigheid kan so maklik iets wees wat jy vandag vir mense gee en môre van vergeet. Maar Relate maak seker dat die mense nie van ‘handouts’ lewe nie, hulle ‘vang self hulle vis’ en verseker sodoende dat hulle elke dag kan eet. Relate doen dit so goed en dis hoe ek voel elke liefdadigheidsorganisasie moet wees.

Waarom is liefdadigheidsveldtogte vir jou so belangrik?
Sodat ons kan onthou dat ons nie alleen hier is nie, dat daar so baie mense is wat nie by magte is om net die basiese in die lewe kan bekostig nie.

Koop jou eie armbandjie en dra so by!

Die armbandtjies is by verskillende winkels te koop. Die Movember-bandjie is eksklusief by Woolworths beskikbaar, maar baie ander winkels verkoop die ander bandjies (CNA, Poetry, ens). Sorbet, byvoorbeeld, verkoop self die bandjies wat hulle gemaak het wat gaan om vrouens te leer hoe om nael-terapeute te wees – daai vroue word dan gehelp om “micro-franchises” te begin in townships.

Al die bandjies is ook beskikbaar op die webwerf: www.relate.org.za

Die bandjies kos gemiddeld R35. Die Mo Bro en Mo Sista-bandjies kos egter R39.95.

 

Mosista-stack3

 

Mo-Bro-stack4

This article was originally published on the Rooi Rose website.  

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.